Afrikaanse Transkripsie

Afrikaanse Transkripsie

Ek doen ook Afrikaanse transkripsie asook vertalings van Engelse opnames direk in Afrikaans indien dit verlang word.

Ek maak gebruik van Afrikaanse taal sagteware wat al die skryftekens in Afrikaans outomaties voorsien en so tikwerk makliker en vinniger maak.

Hier is ’n opsomming van die Afrikaanse transkripsie dienste:

  • Audio of video’s in Afrikaans word professioneel getranskribeer met ’n hoë standaard van grammatika en besigheid terme wat relevant vir spesifieke transkripsies is
  • Audio en video’s in Afrikaans kan direk in Engels transkribeer word
  • Kan Afrikaanse audio en video in Afrikaans transkribeer plus ‘n Engelse vertaling daarvan doen
  • Indien nagraadse studente en lektore probleme het met Afrikaans of Engels as eerste taal, bied ek dienste van proeflees aan en om die nodige grammatika en spel korreksies op navorsing dokumente en opdragte te doen
  • Vertalings van dokumente in Engels na Afrikaans en teenoorgesteld

My tariewe vir hierdie dienste is billik en kompeterend. Kontak my gerus direk om enige spesifieke Afrikaanse transkripsie werk of projek te bespreek om sodoende vir u die beste diens te lewer.